13005_36_ecdfd_original.png

Chanelle

Theatre Freak

 

Birthday
17th Oct

Home Town
Macassar

Likes
Theatre - "I'm a theatre freak"

 

My Blog

13005_36_ecdfd_original.png
20 Sep 2016
My Top 5 Afrikaanse Boeke vir jong lesers

 

 

Hullo almal!

 

Sienend dat ons Boek week vier op Hectic Nine-9 , dink ek dus gepas om my top 5 Afrikaanse boeke vir jong lesers, saam met julle te deel. 

 

Ek is mal oor lees en lees graag 'n versameling van boeke deur verskillende skrywers.

Ek glo dat dus a.g.v lees dat my kennis aangaande die afrikaanse taal verbreed het. 

Hier is my top 5 Afrikaanse boeke vir die jong lesers:

 

  1. Vaselinetjie - Anoeschka Von Meck 

 

Sy is Helena Bosman van n̕ piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng na die weeshuis waar weggooikinders bly. Dis n̕ vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en n̕ hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart. 

 

  1. Dus ek, Anna - Elbie Lötter

 

Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is ’n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op ’n ware verhaal. Elbie Lötter is ’n skuilnaam

 

  1. Kamer 13 - Francios Bloemhof 

 

Wat gaan in kamer 13 aan? En hoekom is dit net Bennie wat voel iets is daar nie reg nie?

Wat sal sy ma sê as sy uitvind van die swelsel op sy rug en hoekom tree Klitser, sy hond, skielik so vreemd teenoor hom op? En die stem in sy kop, wat hom dinge laat doen ...

Bennie voel hoe hy beheer verloor. Hy sal met iemand moet praat, maar wie?

Toe daar nog 'n slagoffer aan die balke van kamer 13 hang, besluit Bennie hy sal iets moet doen — en gou ook .

 

  1. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom - Marita van der Vyver 

 

Hanna, ‘n heldin wat beloof om net so diep in lesers se harte te kruip. Bekkig, intelligent, verbeeldingryk, en met ‘n ingewikkelde familie:  een stiefpa, een vrolike pa, een halfbroer, twee stiefbroers en ‘n mallerige ma.

Hoogs entertaining. 

 

  1. 13 Spookstories - Francios Bloemhof 

 

Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop?

Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers ... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!

Daardie is my Top 5 Afrikaanse Boeke vir die jong lesers. 

 

Liefde in oorvloed 

Chanay-nay 


 
 
 

HAVE YOUR SAY

WE WANNA KNOW WHAT'S ON YOUR MIND

 
LOGIN >> REGISTER >>
 

RECENT COMMENTS

NO COMMENTS YET, BE THE FIRST TO COMMENT!

 
 

More From Chanelle

 

Latest HN9 Pix

Latest HN9 Video

Video Gallery >>
 

Questions & Answers

  • What is your favourite colour?
    Red & Black
  • What is your definition of diva?
    Being absolutely confident & also remaining humble at the same time.
  • If you could swop lives with one person – dead or alive for the day – who would it be and why?
    Elizabeth Taylor - To have first hand experience of how she prepared for her characters & also how she observed life.
  • What is the most random thing people would not know about you?
    I'm a bad cook!!!
  • If you could visit any country on earth where would you go and why?
    New York- to parade the streets on Broadway
  • What language is your favourite to speak?
    Afrikaans
  • Whats your pet peeve?
    People who swear. Even when it's not aimed at me.
 

Popular Tags

hn9 // 
hectic // 
Africa // 
nine // 
south // 
music // 
youth // 
nine9 // 
chanelle // 
laurian // 
cooking // 
fashion // 
blog // 
news // 
diy // 
presenter // 
 
 
 
 
 
 
 

We want to hear from you so get in contact!

SUPERSONIC:

SMS: 33012
MMS: stuff@hn9.co.za Email: stuff@hn9.co.za
 

NOT SO FAST:

Phone: 083 913 3011
Fax: 021 447 2918
 

Snail mail:

P O Box 34554,
Groote Schuur,
7937
 
X

Log in using using Facebook

 
 

LOG ME IN

Forgot Password?

 
 
 
 
 
X

Log in using using Facebook

 
 

WANT TO REGISTER? FILL OUT THE FORM BELOW

 
 
--